Legacy 9.0 Weergawe - aflaai en installering.



Indien jy reeds 'n ouer weergawe van Legacy op jou rekenaar geïnstalleer het (byvoorbeeld weergawe 4, 5, 6, 7, 7.5 of 8.0), dan is dit baie belangrik om eers 'n rugsteun van al jou onderskeie familielęers te maak. Dit kan verder baie verwarrend wees om twee weergawes van Legacy op jou rekenaar aan te hou.
Jy word dus aangeraai om die ouer weergawe van die program van jou rekenaar te verwyder sodra jy voldoende vertroud is met die werking van die nuwe een.



Maak 'n rugsteun van jou data voordat jy 'n nuwe vrystelling gaan installeer!

Indien jy alreeds met pre-Legacy 9 weergawes gewerk het en dus oor 'n familielęer(s) beskik, kan jy dit bewaar deur 'n rugsteun van elk te maak. Jy doen dit deur op die kiesbalk op Lęer>Rugsteun Familielęer... te klik. Wanneer die rugsteun voltooi is, maak dan ook 'n rugsteun van al jou Multimedialęers. Kies lęername wat sinvol is en bewaar hierdie lęers vir veiligheidshalwe in 'n spesiale vouer wat jy vooraf vir hierdie doel geskep het. Legacy sal hierdie lęers in .zip-formaat bewaar. By verstek sal die lęers in die Legacy/Data vouer bewaar word wat behoue sal bly tydens die installering van enige nuwe vrystelling van Legacy. Bewaar ook 'n kopie van elk van hierdie lęers op 'n ander plek as naby of op jou rekenaar.
Jy sal beslis nie die eerste persoon wees wat ure, dae en maande se harde werk in die niet sien verdwyn na een of ander "rekenaarongeluk" nie! Maak dus 'n gewoonte daarvan om jou data te rugsteun en 'n kopie daarvan elders te bewaar!
Terug



Aflaai van program

Om die program af te laai, gaan na hierdie bladsy.
Terug



Installering

Lees ook Ondervind jy probleme met die installering? laer af op hierdie blad (veral gemik op die gebruikers van Windows 7, Windows 8 of Windows 10).

Installering van die program is afhanklik van jou betrokke situasie:


Gebruikers wat nog nie Legacy voorheen op hul rekenaar geïnstalleer het nie.

  1. Laai Legacy 9.0 af by hierdie bladsy.
  2. Installeer die program deur op die pas afgelaaide lęer Legacy9Setup.exe te dubbelklik.
  3. Die installeringsprogram sal die nodige vouers (indien dit nie reeds bestaan nie) onder 'Program Files' en 'My Documents' skep. Vir Windows 8 gebruikers word die vouer onder 'Program Files (x86)' geskep.
  4. Wanneer die installeringsprogram klaar is, kan jy met die Standaardweergawe in Afrikaans begin werk.
  5. Ons raai jou aan om via die 'Hulp' knoppies in die program, na die inhoud van die Helplęer te kyk. Lesse en wenke word daar verskaf.
    Terug

Gebruikers wat Legacy tans op hul rekenaar geïnstalleer het:

  1. Maak 'n rugsteun van jou Familielęer(s) asook Multimedialęer(s)! (Sien hierbo).
  2. Indien jy nog nie Legacy 9 op jou rekenaar geïinstalleer het nie, volg dan die stappe soos hierbo verduidelik.
  3. Indien jy reeds Legacy 9 op jou rekenaar geïnstalleer het, kan jy nou jou Legacy weergawe bywerk via die Legacy Tuis duimgids in die Legacyprogram. Jou bestaande program sal gewysig word na die jongste weergawe met behulp van 'n "verkorte" prosedure. Dié prosedure laai slegs die gewysigde lęers af en sodoende word die ouer weergawes daarvan oorskryf. Dit is 'n vinnige metode wat vir gebruikers aanbeveel word. Indien jy egter gedurende hierdie proses 'n internetonderbreking ondervind het, of dat die installering om een of ander rede nie suksesvol was nie, sal die hele installeringsprogram egter weer afgelaai moet word.
  4. Terug


Installeer met Windows 7, Windows 8 of Windows 10

Indien jy 'n gebruiker van een van genoemde bedryfstelsels is en probleme ondervind met die installering van Legacy, kyk dan hier vir 'n moontlike oplossing.

  • Indien geen probleme met die installering ondervind word nie en Legacy na wense funksioneer, dan is die proses afgehandel; so nie, kontak Support deur 'n e-pos met besonderhede na Support@LegacyFamilyTree.com te stuur.
  • Terug


    Ondervind jy probleme met die installering?

    Klik op onderstaande skakel om te sien of 'n moontlike oplossing vir jou probleem daar (Engelstalig) gevind kan word:
             www.legacyfamilytree.com/DownloadHelp.asp

    Let asb op die volgende!

    1. Indien jy iewers op die Engelstalige webwerf verwys word na die bywerking of aflaai van die installeringslęer, moet jy dit altyd van die Afrikaanse webwerf aflaai.
    2. Indien Legacy in Engels begin, kies dan onder Options die Select Language... > Afrikaans opsie. Die program sal hierna normaalweg tot 'n einde kom. Wanneer jy die program weer begin, sal die werking in Afrikaans geskied. Indien jy later 'n alternatiewe taal wil kies, kan jy die keuse ook deur hierdie opsie uitoefen.
    Terug



    Verandering van Standaard na Deluxe Weergawe:

    Vind hier uit hoe jy Legacy 9.0 Deluxe kan bestel!

    Indien jy reeds oor 'n kliëntnommer beskik kan jy hierdie nommer op die nutsbalk by "Help > Ontsluit Deluxe" invoer. Die Standaard Weergawe sal dan onmiddellik na die Deluxe Weergawe omgeskakel word.
    Terug



    Koop die Deluxe weergawe van Legacy 9.0

    Die Deluxe Weergawe van Legacy bevat baie meer funksies as die gratis Standaard Weergawe. Afhangende van die heersende wisselkoers, is die prys van die Deluxe weergawe ongeveer R300,00. (Die dollar-prys is $29.95.)

    Jy kan die program nou hier aankoop.

    Indien jy voorheen 'n gebruiker van 'n Legacy Deluxe weergawe was en nou na Legacy 9.0 Deluxe wil opgradeer, dan bied MyHeritage Ltd. jou hierdie opgradering teen 'n verminderde prys hier aan.

    Wanneer jy eenmaal die Deluxe weergawe van Legacy 9.0 aangekoop het, is alle verdere vrystellings van hierdie weergawe van die program gratis beskikbaar. Slegs wanneer die volgende weergawe vrygestel word, sal jy weer daardie Deluxe weergawe moet aankoop. Normaalweg word sulke vrystellings van 'n nuwe weergawe teen 'n verminderde tarief aan bestaande Deluxe gebruikers aangebied.
    Terug